Copyright 2017 -

 

 

ONS GENERASIE

O, WAT 'N SENSASIE!

 

'n TSUNAMI VAN TEGNOLOGIE

HET OOR ONS GESPOEL

EN DIT LAAT ONS

SO "COOL" VOEL

 

EK PRAAT VAN ONS GENERASIE

O, WAT 'N SENSASIE!

 

VAN KERSLIG EN DONKER STRATE

IS DAAR GEEN SPRAKE

MET NETWERKE EN KABELS

VERLIG ONS ONS TAFELS

 

MET iPOD EN iTUNES

EN WiFi EN DIE INTERNET

VUL ONS ONS DAE

MET URE VOL PRET

 

EK PRAAT VAN ONS GENERASIE

O, WAT 'N SENSASIE

 

MET SATELLIET EN SELFOON

EN SNELTREIN EN STRALER

IS KOMMUNIKASIE IN ONS GENERASIE

GEDEK VAN KOP TOT TOON.

 

MET MIKROGOLWE EN MIKRO-CHIRURGIE

TOT MAKROSTRALERS EN MAKRO-ORGANISASIES

IS ONS GENERASIE

EEN HONDERD PERSENT FANTASTIES!

 

EK PRAAT VAN ONS GENERASIE

O, WAT 'N SENSASIE

 

MET BESTRALING EN CHEMOTERAPIE

EN STAMSELOORPLANTING EN GEHOORAPPARAAT

KAN ONS MEDIESE PROFESSIE

ALMAL VERSTOM LAAT

 

DIS 'n BESONDERE TYD OM TE LEEF

ONS GENERASIE KAN NET NA BETER STREEF.

 

EK PRAAT VAN ONS GENERASIE

O, WAT 'N SENSASIE

 

DISNEY-CHANNEL, DISCOVERY, BBC EN CNN

IS 'n GOUE KANS

DIE WAGWOORD EGTER, IS BALANS.

 

VAN BOK-IN-DIE-HOK EN KRAPPE-EN-KRAAIE

IS DAAR MIN SPRAKE,

MAAR ONS HOU ONS BESIG

MET MODERNE TAKE

 

EK PRAAT VAN ONS GENERASIE

O, WAT 'N SENSASIE

 

SIEN JULLE NOU…

DIS NIE ALLES SLEG SOOS MENSE Sê

ONS KAN DIE BESTE VAN BEIDE WêRELDE Hê

 

EK PRAAT VAN ONS GENERASIE

O, WAT 'N SENSASIE

 

Geskryf  deur Lindi en Leandi Bruyns

Nog van Oupa Arend se Breins!

 

 

f t g