Copyright 2017 -

 

Hande oplê

Die opstal op Misverstand se voorportaal is in donker gewaad. Die kapstok staan verleë in sy verlatenheid in die hoek en die Oompie se bakkie sleutels met die stukkie bobbejaan vel hang verlep aan die sleutel-hak by die voordeur. Buite bak die Desember-son ongenaakbaar op die sinkdak neer en my verbeelding vlug vir ‘n oomblik na die lomerige hitte van die solder tussen my kop en die blink dak, waar ons as kinders Sondae middae gedemp huisie-huisie gespeel het terwyl die grootmense ‘n middag slapie gevang het.

Die stowwerige agterplaas is huis en haard, hemel en hel, eksklusief gereserveer vir ‘n mislike swart kraai in ‘n hok gemaak van ‘n omgekeerde appelkis en ‘n stuk oorskiet ogies draad. Die Oompie het hom eendag lank gelede in die mielieland opgetel met ‘n gebreekte vlerk. Hy’t hom gesond gemaak, geheg geraak aan die swart ondier en hom in daardie houtkis-hokkie gesit. Nou staan hy nog steeds daar. Die kraai is skoon krom van nie kan reggop staan nie.

Jare terug het hy darem ‘n boerboel en ‘n bobbejaan aan ‘n paal gehad vir geselskap, maar ek verstaan die boerboel het hom een nag liederlik vervies vir die bobbejaan en die volgende dag more moes die Oompie die bobejaan met ‘n geween en ‘n gekners van tande in die komposhoop begrawe. Oompie was geheg aan die bobbejaan ook. Die’ was die enigste oorlewende van ‘n geskiedkundige mieliesteler-slagting van die jaar toet, waaroor daar nog steeds soms gepraat word in die kroeg op die dorp. Vroeër jare was daar glo ‘n groot trop bobbejane in die omliggende koppies. Hulle hoof doel op aarde was mielies steel. Die boere van die omgewing het op ‘n dag net mooi gatvol geraak vir die dêm mieliestelers en het allerhande planne gemaak om van hulle ontslae te raak. Hulle kom toe glo met ‘n briljante plan vorendag. Glo iets te doene gehad met Klein-Jan Bester wat ‘n hinderlaag vir die Paashaas in sy ma se blomme tuin gebou het. Die boere het glo net so ‘n lager getrek in Oompie se mielieland een Paas Vrydag aand en gewag vir die bobbejane om te kom mielies steel die volgende oggend. Met sonsopkoms het die ou sentinel sy trop teen die koppie se Noord-ooste kant afgelei, reg in die hinderlaag in. Toe almal lekker aan die vreet is, brand die spul boere los en skiet de laaste bobbejaan in sy kanon. Net die een aan die paal het verbouereerd aan sy dooie ma se pens vasgeklou, skaars ‘n paar dae oud. Nou die Oompie is ‘n snaakse mens. Kon net so maklik opgeneem word met die oulikgeid van ‘n verbouereerde wees-aap as met die bloeddorstige moord-aksie wat sy hele trop hule lewe gekos het. So vat hy toe die kleintjie huistoe waar Klaas se kinders hom met poeiermelk grootgemaak het, totdat hy oud genoeg was om mielies te eet en Oompie hom aan die paal vasgemaak het.

Die Boerboel het hy geskiet, net ingeval die ding een van die kleinkinders sou aansien as ‘n bobbejaan en nou bly die ou kraai alleen al vir die laaste wie-weet-hoe-lank-al. Ek kan nie meer onthou hoe lank nie, maar sy kissie staan al daar in die ongenaakbare son vir so lank as ek kan onthou. Die ding moet tenminste so oud wees soos die Oompie se ronde-gat Fordjie wat al vir jare sonder enjin in die skuur staan, toegegooi onder die strooi en hoendermis. Ek het my voorgeneem dat as die Oompie die emmer skop, sal ek die die arme kraai se kissie omskop. Miskien is daar nog hoop vir hom.

In die verte balk ‘n donkie verdrietig. Vandag vreet hy net droeë mieliestoppels want daar is niemand om die hooi baal oop te breek nie. Selfs Klaas het sy beste pak klere aan. Wel, enigste sou ek reken. In fact, ek weet vir ‘n feit dit is die Oompie se ou trou pak en hoort verseker eerder in die museum as aan ou Klaas se bas. Maar vandag blink die pak te pragtig en die wit hemp met die geel-bruin boortjie steek mooi daarby af. Ou Fransiena het haar goed van haar taak gekwyt om die antieke gewaad vandag op sy beste te laat lyk. Ja, elkeen het ‘n hand gehad in die Oompie se gewade vandag. Ek in sy geboorte pak, Fransiena in sy trou pak en die Tante in sy doods pak.

Op die klein Olienhout tafeltjie met sy lang bene en die gehekelde kleedjie, lê die pakkie pamfletjies wat die rede vir die somber geleentheid aankondig. Weldrae sal die gesienes van die streek hier opdaag en “Hygend Hert het jagdhond komen” daarvan af sing, gedwee en gewyd onder leiding van Dominee van Breda. So daar in die voorkamer lê die Oompie nou, op die naat van sy rug en hy kan sy agterend nie roer nie. Sy arms is netjies oor sy bors gevou soos Tutankamen van ouds, en die skadu van die deksel sny die son oor sy gesig mooi in die helfte in. Die Tante huil sag-sag in die agtergrond terwyl ‘n Jim Reeves song beur om deur die stok-oue grammofoon se swart-papier speakers te skeur. Ja, skeur soos die damwal in my hart onder die gewig van die beswaardheid, want dat die Oompie nou so roerloos daar lê, reken ek so in my stilligheid – en ek glo die Tante ook, is mos my skuld – en so half-half hare ook sou ek reken.

Dit was ‘n week terug, toe ek daar op die plaas aangekom het, op my Ma se aandrang.

“Johannesburg is te dêm goddeloos, kyk hoe lyk jou hare!” Het sy met haar goed-geoefende skirl stem geskree dat dit gevoel het of die ding my oordrom soos ‘n oorbodige blindederm skoon gaan uitsny, terwyl sy met ‘n french manicure vingernael in die rigting van my highlights wys. “Dis tyd dat jy daai muisneste uit jou kop uit kry! Jy dra die dêm goed soos ‘n hoed! Almal kan sien wat in jou kop aangaan! Besides, Tante Ems het ‘n handjie nodig. Oompie is nie lekker nie. Naby aan die einde, as jy my vra.” Maar ek het haar nie gevra nie en op die stowwerig plaas met ‘n oompie wat aan die doodgaan is, het ek nou nie gebargain vir ‘n Desember vakansie nie. Op daai punt het ek my Ma verloor want my brein het gaan lui-lekker kuier saam met Hennie se lyf op die lomerige wal van die Buffelsrivier. ‘n Kuier wat ek toe terdee besef het ek beslis gaan mis as ek na die Oompie moet gaan omsien op Misverstand, ‘n stowwerige letsel langs die N1 tussen Johannesburg en Bloemfontein; en my baarmoeder het so ‘n onwillekeurige stuiptrekking gegee oor alles wat sy die vakansie sou mis.

So hier sit ek nou, op die hardste voorkamer bankie wat ek kon kry en broei oor my sondes terwyl ek wag vir die geknars van wiele op die gravel daar buite, wat sal aankondig dat die dominee of die eerste rouers opgedaag het. Fransiena tinkel droewig met die porselein koppietjies in die kombuis rond soos sy gereed maak om rooibostee te bedien later na die geweidhede, sodat familie en vriende hompe melktert en koeksisters daarmee kon afsluk. Rooibostee met kondensmelk en ‘n ekstra lepel suiker was die Oompie se gunsteling. Ek onthou goed hoe het ek as kind oorkant hom by die kombuistafel gesit. Dan het hy die teetjies in die piering gegooi, so bietjies, bietjies, en dit koud geblaas met sy oë so op skrefies getrek Dan stadig geslurp-slurp en sy lippe geklap as hy klaar was. Tee drink was ‘n hele ritueel, daar by die kombuis tafel. Almal het hom maar laat begaan. Die eerste keer toe Pa het hom probeer na-aap het, het Oompie net vies sy tong geklap, opgestaan, geloop en die tee net so daar op die tafel gelos. Pa was verslae en het sy hande in die lug gegooi terwyl hy vir Tante Ems verbaas aangekyk het. Tante Ems het net ‘Tsk’ gesê, haar oë gerol en omgedraai na die wasbak toe. Dit was die einde van daai storie, niemand het ooit weer die Oompie probeer na-aap as hy sy tee drink nie.

Nou sit Tante Ems hier skuins agter my in haar Lazyboy uitskopstoel met sy lappies kombers covertjie en snik saggies oor die Oompie se heengaan. Sniks saggies en wonder seker hoe gaan sy ooit weer ‘n blik kondensmelk of vir my in die oë kan kyk.

‘n Week gelede kom ek toe op Misverstand aan. Eers met die bus gery van Johannesburg en toe tot by die opstal lang ou Klaas op die donkiekar, terwyl hy my prys en vertel van hoe mooi groot ek geword het. Hy’t seker ‘n honderd keer gesê dat hy kan amper nie glo dat dit is ek, sy eie klein Nonnatjie wat hier langs hom op die donkiekar sit nie. Ek kon weer nie glo hoe verwaarloos die plaas gelyk het nie. Ongeploegte landerye, geroeste windpomp wat lyk of hy in die vorige millenium laas gedraai het, gekraakte blombakke met geraamte stokkies orals op die voorstoep en splete in die opstal se groot ou hout voordeur waardeur ‘n kriek ‘n tas vol klere kon dra. Ek het afgesping van die donkiekar en ou Klaas het verbete koebaai gewaai toe hy die donkie om die huis se hoek stuur om te gaan uitspan. Tante Ems het op die stoep gestaan en wag tussen die geraamte-plante en my met ‘n hartseer glimlaggie en ‘n droeë kus begroet. Sy’t my binnetoe begelei en vir Klaas wat alreeds by die agterdeur doenig was geskree waar om my tasse te sit. Toe maak sy my in die sombere eetkamer sit by die twaalf-sitplek donker embuia bal-en-klou eetkamer tafel en asof op ‘n gegewe teken, het Fransiena daar ingestap met ‘n skinkbord gelaai met porselein teekoppetjies en ‘n stomende pot rooibostee. Sy’t omtrent gekekkel en gelag met daai oer-oue mond van haar sonder tande, oë op fyn skrefies getrek van plesier om my weer te sien na soveel jare. Ons het baie hier gekom toe ek nog klein was en ou Fransiena en Klaas was deel van die plaas, nes die windpomp en die voorstoep en die ploegskaar by die hek met die plaas se naam op. Die Oompie was die oudste seun van my Oupa-grootjie aan my ma se kant en het die familie plaas ge-erf. Dus my Oupa se broer, of my Ma se Oom. Wat ook al, ons het hier op Misverstand kom kuier sedert voor ek kan onthou en dieselfde met my Ma se geslag. Almal van ons; nefies, niggies, ooms en tantes, vakansie na vakansie, naweek na naweek, totdat ek “te groot” geword het en nie meer wou saamgaan plaas toe nie. Toe kom Universiteit, en nou, ja, tyd gaan te vinning verby en daar lê Oompie nou, die einde van ‘n era.

Die Tante het my uitgevra oor my Pa se gesondheid en Ma se besigheid en toe oor my haar kleur en dies meer. Toe vra sy, “En wat studeer jy, my kind?”

“Geologie, Tante.” Antwoord ek toe. Tante Ems het so in die verte ingestaar, toe sê sy:

“Dis aardig, mens.” Ek was bietjie uit die veld geslaan.

“Wat is aardig Tante?” vra ek toe maar.

“Dat jy vir Dominee studeer. Ek meen, wat word van onse Kerk? Die kansel is mos ‘n man se plek, dan nie?” ‘n Lig gaan in my aan.

“Nee Tante, Geologie. Ek werk met klippe.” Maar die Tante was alreeds ver weg in haar eie plek.

“Ja, my kind, dalk is dit goed so. Sommige Christene deesdae is klippe, voorwaar. Dalk is jy net die een om iets aan hulle se saligheid te doen. Ek meen, jy was nog altyd mos maar vuur en vlam” Daarmee lag sy effentjies en ek vra toe maar,

“So hoe gaan dit dan nou met Oompie, Tante? Ma sê nie te goed nie?” Tante Ems staar weer deur die eetkamer muur. Daar was ‘n lang stilte. Dan sê sy,

“Ja my kind. Nie goed nie. Hy lê maar meeste van die tyd en staar na die dak. Sy longe ry hom en die ou hart is ook nie meer wat dit was nie.” Skielik staan sy op asof sy op ‘n lewendige draad gesit het. “Kom dan gaan wys ek jou waar hy lê, dan weet jy sommer ook. Hy hou van stories en miskien kan jy hom so af en toe ‘n ietsie lees. Sy vat my toe op ‘n tog deur die lang gange van die min-of-meer verlate ou plaashuis, hulle was koel en skemer en het herrineringe teruggebring van menige vervloë wegkruipertjie spel of iets dergliks saam met die nefies en niggietjies. Daar deur een deur kon ek die ou katel sien waaronder ons weggekruip het, deur ‘n ander, die ou klerekas met die groot spieel in die middel. Die gordyne was nog dieselfde as die wat ek onthou; donker, swaar skakerings van purper-rooi en swart-groen. Toe stoot die Tante die hoofslaapkamer se deur oop en lei my in ‘n Rip-van-Winkel-skemerte in wat ruik na medisyne, stof en lank-slaap. En daar lê die Oompie toe, op wat ek aangeneem het was sy kant van ‘n wit oorgetrekte dubbelbed, ‘n dun seningrige strepie met ‘n paar verdwaalde grys hare op ‘n te-groot kussing en ‘n half-oop mond. Ja, het ek gedink, die Oompie het oudgeword. Hy’t vergaan, en so ook sy ou plaas rondom hom. Die kamer was enorm, ver groter as enige van die ander, en ek het skielik besef dat ek nog nooit daar in was nie. Die deur was altyd toe, swart soos die res en ongenaakbaar daar ver onder in die gang aleen in sy hoek, weg van die ander af. Die Baas se kamer, verbode terrein vir almal wat nie daar slaap of dit skoonmaak nie. Die kamer was bykans leeg, ‘n verslete mat op die vloer voor die bed, die enigste vloer bedekking. Die res van die houtvloer blink soos ‘n nuwe sikspens van jare lank se polish en min loop. Teen die een muur staan ‘n outydse wastafel met ‘n blommetjies waskom en –beker, ‘n entjie verder ‘n masiewe akkerhout kas op gedraaide pote met ‘n gevlekte spieël in die middel van die deur en ‘n gekerfde gewel bo-op. ‘n Stokou skommelstoel met ‘n gekerfde leer rugleuning staan in die een hoek en verder niks. Net die enamel pot onder die bed met die Oompie se slippers langsaan. Tante Ems het langs die bed gestaan vir ‘n laaaaang oomblik, so asof sy bid met kop geboë en oë bot toe. Toe praat sy hier bo-oor die bed sonder om na my te kyk:

“Ja my kind. Hy slaap maar meeste van die tyd. Weet nie meer mooi waneer dit nag of dag is nie, reken ek. Ek kom so elke paar uur om hom te help om homself te verlig en dan lees ek vir hom so ‘n paar lyne. AG Visser, sy gunsteling.” Sê die Tante terwyl sy haar hand op ‘n omslaglose boek rus op die bedkassie. Ek staan nader en tuur af in die Oompie se gesig. Riemerige plooie versier dit van voorhoof tot adamsappel. Ek beur nader en vat sy slap hand in myne. Ek praat naby sy oor. Hallo Oompie, dis ek, Anna. Anna van Mayra. Die Oompie se gesig bly uitdrukloos. Ek praat weer, nader aan sy oor die keer. “Van Mayra, Oompie, Oompie se broer, John se dogter.” Ek dog ek bespeur ‘n sweempie van ‘n glimlag om sy droë lippe maar ek kon my verbeel het, ook. Ek staan terug. Die Tante vee oor sy voorkop en dan oor die kussing. Dan vryf sy die lakens glad rondom hom, sodat hy lyk soos ‘n mummie met net sy kom en arms oop. Dan sien ek dit. Die onmiskenbare ge-hop-hop-hop van ‘n pompende brandweerslang onder die Oompie se beddegoed. Eers dag ek ek misgis my maar toe doen hy dit weer; pomp-pomp-pomp, kompleet soos ‘n akkedis wat vinnig asemhaal op ‘n te warm klip. Ek kyk weer na die Oompie se gesig, die sweempie van ‘n glimlag sit nog daar. Ek vat weer sy hand, die akkedis pomp vinniger. So ‘n ou Disnis! Dag ek. Wat de joos! Die Tante vryf die beddegoed so glad soos ‘n strykyser nie kan nie en vryf bo-oor die huppelende akekdis kop asof sy dit nie agterkom nie.

“Weet jy my kind, noudat jy so studeer en met klip christene gaan werk, miskien kan jy bietjie vir die Oompie die hande oplê.” Sê sy skielik. “Dit kan hom sekerlik net goed doen.” Stryk-stryk, hop-hop. Hande oplê?! Wat op dees aarde?!

“Maar Tante, ek…” skielik het woorde my begeef. Sy vee haar hande aan haar voorskoot af asof iets van die Oompie aan haar vasgesit het. Toe kyk sy stip na my en sê,

“Jy hoef nie, jy weet, maar ek dink dit kan vir hom goed wees en jy weet, as mens so ver heen is dan beskaam hoop hom nie.” Met die draai sy toe om en lei my by die kamer uit. Ek kyk oor my skouer na die Oompie. Die akkedis kop lê nou stil en die lakens is mooi glad rondom hom. Hy lyk of hy weggesak het in ‘n diep, diep slaap.

Daardie aand het ek vroeg gaan slaap. Ek het vars lug geblameer, maar my kop was nog vol visies van die Oompie se kloppende akkedis en die Tante se aardige versoek vir hande oplê. Hoop beskaam nie, het sy gesê. Kan net goed wees vir hom, het sy gesê. Maar ek? Die Oompie hande oplê? Daardie nag droom ek van die lomerige solder bokant my kop en Sondae middae se huisie-huise speel saam met Neef Gertjie en veral van sy skreusnaakse kloppende akkedissie as “Ma” so speels oor sy koppie vryf.

Die volgende middag so half-drie se kant, sit ek op my pos langs Oompie se bed en lees AG Visser. Oompie laat niks blyk of hy my hoor of nie. Ek lees myself later half aan die slaap, maar Oompie lê net roerloos, oë toe. Toe vat ek sy hand, net om te kyk of ky nog lewe en wrintie waar, oomblikke later, spring daai akkedis weer lustig onder Oompie se lakens rond! Ek kyk maar toe na die muur en probeer maak of ek dit nie gesien het nie. AG Visser le oop op bladsy 54, “die visier blablabla en so aan voor my oe verby. Ek sit agteroor en lees en lees, maar die dem storie wil nie ‘n draad kry nie en my ooglede raak al hoe swaerder. Amper aan die slaap, maak ek ‘n groot effort, rek my oe oop en haal ‘n paar slae diep asem. Die boek het amper uit my hande gegly, so aan die slaap was ek, maar ek gryp hom weer stewig vas en soek my plek. Dan gly my oe oor die rand van die muwwe ou boek met sy geskeurde omslag en rus op die Oompie se akkedissie. Noggal ‘n ou grote, het ek al my Ma-hulle hoor se waneer hulle gedink het die kinders luister nie. Dan het hulle so ondeund geskater van die lag asof ‘n man se akkedis die snaakste ding op aarde was! Hy le stil. Die Oompie le baie stil. Sy mond was half oop en sy koppie skuins geval op die kussing. Hy haal alweer amper nie asem nie. “Los uit daai akkedis, ou Sus!” raas ek toe met myself. As ek tog maar net na myself geluister het!

Die volgende middag bring ek een van my Danielle Steel’s saam na Oompie se kamer om vir hom te lees. As hy die heeltyd slaap soos die amper-dood, dan maak dit seker nie saak wat ek vir hom lees nie. Ek kan netsowel ietsie lees waarvan ek ook hou, reken ek so by myself. Ek maak die AG Visser oop op my skoot, net ingeval die Tante ingestap kom. Ek was nie seker wat sy oor Danielle Steel te se sou he nie. So drie bladsye in hoofstuk vyf in, begin die ou die girl woes te soen. Hy vryf haar op soos ‘n bloedrooi Ferrari en net toe ek begin wonder wat se tragedie die arme mens nou weer gaan tref, vang ek so ‘n hupse beweging uit die hoek van my oog hier oor die book se rand. My oe verstar in my kop. Dit was weer die Oompie se akkedissie! Hy hop, skip en jump lustig saam met Danielle se stomende saga, kompleet of hy die girl kan hoor hyg na haar asem. Ek hou toe my hand op my eie hewende bors en besef dat dit dalk vir my was wat die Oompie kon hoor hyg, soos ek my in die storie inleef. Ek haal swaar asem en die springende akkedissie trek my oe af na hom toe soos ‘n winkende magneet. Stadig kom ek toe orent uit die stoel. Dit is stjoepstil in die kamer. Soveel so dat ek die spinnekop kon hoor loop teen die swaar, stowwerige gordyne. My mond gaan onwillekeurig oop, ek byt my onderlip so skuins vas tussen my tande, ek staar en haal harder asem. Na wat gevoel het soos ‘n halfuur, bedaar die akkedis. Dis mos toe dat die duiwel sy le-plek in my oor kom maak, die donner. “Lees weer,” se hy. Ek lees toe weer. Die stomende toneel vat verder vorm en verander in iets wat grens aan soft-porn. Ek raak verlustig in die bladsye en weer jaag my asem sonder dat ek dit agterkom. Skielik kyk ek op, en ja wrintie, daar gaan die Oompie toe alweer. Nou kyk, ek het geweet wat die Tante bedoel het me hande ople, ek het geweet sy het gedag ek swot vir Dominee en kan dalkies vir die Oompie hande ople en bid, al het sy terdee besef ek kon maar net ‘n groentjie gewees het. Maar soos sy gese het, hoop beskaam nie as ‘n mens so ver heen is nie. Maar toe le die Duiwel mos hier in my oor en al hande ople wat ek iets van weet is die tipe was ek en neef Gertjie Sondae middae as die grootmense geslaap het op die solder gespeel het. Dis toe dat die duiwel my agter aan my hemp se kraag vat en oplig uit die stoel uit, my vorentoe stoot na die Oompie se bed toe en hard in my oor fluister, “Kyk bietjie hoe lyk daai lywige akkedis wat jou Ma so gefasineer het!” Met hortende asem steek ek toe my bewende hand uit na die rand van die laken wat so netjies oor die middel van die Oompie se bors gevou was; my oe starend vasgenael op die wippende akkediskop onder hom. Saggies, amper gewyd, het ek die laken stewig vasgevat en hom stadig terugetrek. Ek het my oe vir ‘n vlietende breukdeel van ‘n sekonde in die rigting van die Oompie se slapende gelaat geflits – nog amper-dood – en sonder huiwering die laken die heletyd immer nader na die onvermydelike gebied. Ek, die amper-geoloog-teoloog, vasgevang in ‘n oenskynlike magtelose en skaamtelose drang vol van wellus en wangedrag en ‘n magiese, onweerstaanbaarheid deurspek met suggestie en ‘n brandende wil om te weet, om te weet, wat is nou eintlik my preutse Ma se definiesie van “groot”. Onder die wit laken was die Oompie gekleed in ‘n ewe wit gaatjies wes en verder ondertoe, ek was amper te bang om te kyk, maar toe por die dem duiwel my weer aan, ‘n bypassende with gaatjies onderbroek met ‘n skewe gulp. En dis toe die gulp wat al my moed en aandag verg want deur die’ gulp steek toe, wat ek maar my Ma se woord voor moes vat, die oorskot van ‘n eens glorieryke en majestujeuse akkedis. Iewers diep binne my was dit dadelik vol berou en ‘n deel van my wou die wit lakentjie onmiddelik terug pluk met ‘n vehemensie en platstryk asof niks gebeur het nie; maar daardie ander deel van my, die dorre donker deel waar elkeen van ons ons diepste geheime en smagte bere, daardie deel van my wat na die donnerse duiwel geluister het, het my teruggehou en ek het magteloos met grillende fasinering na die ding gestaar wat ‘n barre, kloppende kotteljons hier voor my deur die gaatjies onderbroek se gulp uitgevoer het. Dit was omtrent so dik soos ‘n dun stukkie droeewors, so lank soos ‘n halwe potlood en so seningrig soos ‘n ou riempie stoel. Ek sweer ek kon myself nie help nie. Ek weet nie wat oor my gekom het nie. My hand het vorentoe beweeg so asof op sy eie stoom; ek het geen mag oor hom gehad nie. My hand het uitgereik na die verbode, die ondenkbare, die weersinswekkende! Totdat dit uiteindelik asof deur ‘n waas om die verskrompelde akkedissie gevou het en…en…dit was die laaste wat ek kon onthou. Die volgende oomblik het die Oompie se oe gerek so groot soos Prince Albert pierings, sy bene stokstyf geskiet soos Queen Anne stoel pote en uit sy keel het die aardigste, onaardse skor geluid gekom wat geleidelik opgebou het in ‘n allemintige sonoriese cresendo wat ‘n kristal glas op vyftien voet in skerwe kon laat spat. Toe ek weer tot verhaal kom, le die Oompie roerloos op die naat van sy rug, mond, oe en gulp ewe wyd oopgesper, staan die Tante in die oop deur met konsternasie op haar gesig en ‘n gestolde gilletjie in haar keel en ek, ek staan tegerlykertyd verbouereerd en verlee met my rug teen die muur met die duiwel-alleen-weet-wat, nat in my hand. Ek kyk die Tante verward aan, vee my nat hand oor my jean, los so ‘n snot-streep teen my been af en dag, “O jetetjie, nou maak ek dit net erger! Die Tante verskuif haar staar vanaf die dooie Oompie na my wit gesig, na my snot-streep been, gil kwaadaardig en val agteroor met ‘n donderende slag, terug in die houtvloer gang. My hart het gaan staan, my keel het toegetrek, my gat het yskoud geword, my gesig moes spierwit gewees het en my ore het gesing soos sonbesies op ‘n Karoo-somers-Sondag-agtermiddag. Toe hoor ek ou Fransiena die gang afkom, doef, doef, doef-doef-doef! Die stamper-geluid skud my uit my stupor. Ek het besef dat as Fransiena nou hier instrom met die Oompie so ontbloot in sy dood, ek met twee logge ligame in die gang gaan moet deal. So spring ek toe in rat en skiet soos ‘n yshokkie puk oor die vloer na die Oompie se bed. Ek pluk die laken oor die Oompie se skaamte, wat intussen terug gekrimp het tot die gelykenis van ‘n haarwurm, en vee tegerlykertyd my snotstreep been af teen die kant van die bed. Ek kinkel my lyf soos ‘n boomslang soos ek been vryf en laken vryf terselferdertyd. Ek vryf my sonde toe so vinnig, dat ek wrintie nog tyd het om terug te spring muur toe en my hand voor my mond te kry voor Fransiena met ‘n geween en ‘n gekners van tande op haar kniee langs die Tante neerval. Tussen haar verskriklikke boesems iewers grawe sy ‘n bottletjie vlugsout uit wat na wie-weet-wat ruik en druk dit onder die Tante se neus vas. Die’ en haar vreeslike geween ruk toe die Tante terug van die afgrond van ‘n gewisse dood en sy snak so neffens na haar asem en gaan aan de hoes en proes van die walglikheid van die vlugsout geur. Toe die Tante eers gewaar word van haar omgewing en die werklikheid van wat gebeur het terugvloei na haar bewussyn, gaan sy aan de skree en wys na my met haar krom vinger, maar van die verstaan Fransiena niks nie. Wat sy wel verstaan toe sy langs die Oompie buk en hom stip in sy oopgesperde oe kyk, is dat hy dood is en daar gaan sy toe opnuut aan die kerm en klaag. Die Tante strompel-strompel om regop te kom, gly-gly oor na die Oompie se sy en val op hom neer met ‘n bloeddorstige gil. Sy huil en trek hare en vee snot af alles in ‘n vlaag van onsamehangende bewegings terwyl ek nog kierts regop soos ‘n laaistok teen die muur staan, spierwit soos ‘n laken en tjoepstil soos ‘n portret. Na ‘n paar “Hoooi’s” en “aikonna’s” vloog Fransiena weer by die kamer uit en kom terug met ou Klaas aan die arm ‘n paar minute later. Intussen het die Tante aangehou ween en snot afvee, maar sy het darem opgehou om vinger te wys na my kant toe.

Om ‘n lang storie kort te maak, Klaas het die dokter moes bel, en die Dominee, en die begrafnisondernemer op die dorp, alles met die hulp van die vriendelike Tannie op die sentrale, wat eers gedink het ou Klaas is ‘n plaasmoordenaar, want die Tante was nie in staat nie en ek was te bang om te roer. Dis nou vier dae later en sedertdien het die Tante nog nie weer met my gepraat nie, maar sy het ook vir niemand anders gese wat die regte rede vir die Oompie se heengaan is nie. Ek dink sy voel dalk as sy dit doen, sal sy moet erken dat sy het deel in die skuld, want sy was mos die een wat my gevra het om die Oompie hande op te le; en wie weet wat sy kan dink wat ek kon dink dit kon beteken, of dalk is dit ek wat moet wonder wat sy bedoel het dit beteken toe sy die voorstel gemaak het, of dalk is dit sy wat wonder wat ek…aggenee, my kop is nou te vol om verder te wonder oor wie wat bedoel het en wie wat verstaan het. Wat ek nie uit my kop kan kry nie is dat Neef Gertjie ook vandag na die begrafnis kom, die Tante het gisteraand met sy Ma gepraat en ek wonder hoe ek hom in die oe gaan kyk na wat ek aangevang het!

PS Vanmiddag na die begrafnis gaan ek daai kraai in die agterplaas se kissie omskop. Dalk is daar nog hoop vir hom. Vir my, wel, dis nou ‘n ander vraag daardie...

f t g