Copyright 2017 -

Normal 0 false false false EN-AU X-NONE X-NONE /* Style Definitions */ table.MsoNormalTable {mso-style-name:"Table Normal"; mso-tstyle-rowband-size:0; mso-tstyle-colband-size:0; mso-style-noshow:yes; mso-style-priority:99; mso-style-parent:""; mso-padding-alt:0cm 5.4pt 0cm 5.4pt; mso-para-margin:0cm; mso-para-margin-bottom:.0001pt; mso-pagination:widow-orphan; font-size:10.0pt; font-family:"Calibri","sans-serif";}

Een middag iewers in Pretoria, ry twee Poepolle oppad huis toe na ‘n lang dag se werk. Skielik raak die pad nou en die verkeer raak dik en die Poepol in die wit kar sny blitsig voor die Poepol in die groen kar in. Die Poepol in die groen kar moet haastig briek aanslaan en so te midde van skrik en briek aanslaan en ligte flash, draai die Poepol ook die venster af en skree op die Poepol in die kar voor hom, “Poepol!!!” Dan steek sy vuis na buite met sy middel vinger hoog in die lug: “Poepol! Ja jy! Wat maak jy Poepol!!” Skree hy. Die Poepol in die wit kar kyk terug in sy tru spieeltjie, grynslag en hys sy vlaggie ook hoog in die lug.

“Fok jou, Poepol!” Skree hy terug. Dan moet hy vinnig briek aanslaan want die Poepol voor hom het briek getrap. Hy flash sy ligte vervaard en swaai sy arms en stamp sy vuis teen sy voorkop en skree op die Poepol voor hom, “Poepol! Kyk wat jy doen!” Die Poepol in die groen kar dink die briek-trap is vir hom en flits weer sy ligte rof. “Poepol!!!” skree hy weer.  Die Poepol in die wit kar en die Poepol in die groen kar spandeer die volgende kilometer teen slakkepas deur verskeie handgebare na mekaar toe te wys, ligte te flits, toeters te blaas en “Poepol!” op die top van hulle longe vir mekaar te skree. Van die ander Poepolle rondom hulle lag hulle gatte af wys met lang viingers in hulle rigting.

“Kyk daai twee Poepolle!” Lag hulle! Dan kry die Poepol in die groen kar ‘n gaping en stoot sy kar se neus by die ander een verby. Die Poepolle in die aankomende verkeer swaai vervaard uit die pad, blaas hul toeters, flits hulle ligte en steek hule vuiste by hul vensters uit en skree,

 “Poepol!!!!!” en “Donnerse Poepol!!!” en “Voetsek Poepol!!!!”. Maar die Poepol in die groen kar voel ‘n fok vir enige ander Poepol en beur voort. Waneer hy langs die Poepol in die wit kar kom, grynslag hy soos ‘n besetene en wys sy geel tande. Dan pluk hy woes aan sy stuurwiel en stamp die ander Poepol se karretjie lat sy hele regterkant soos ‘n chocolate-chip koekie lyk.

“Wat dink jy doen jy, jou Poepol!!” Skree die Poepol in die wit kar en swaai woes terug om die Poepol in die groen kar terug te stamp in sy plek in. Maar ‘n rooi lig kom aan en die Poepol in die groen kar sleep genadeloos voort en druk voor die Poepol in die wit kar in. Dan slaan hy ankers aan dat die rook so trek en die Poepol in die wit kar ry amper in sy gat vas. Toe’s die gort gaar. Die twee Poepolle spring uit hulle karretjies uit en slaan mekaar daar tussen die karre dat die hare so waai. Twee Poepolle in die kar agter hulle lê soos hulle lag en die een sê vir die ander so tussen die trane deur,

“Hoe verduidelik daai twee Poepolle vir hulle vrouens hoekom hulle karre so lyk waneer hulle by die huis kom!” Toe die lig weer groen slaan, spring hulle terug in hulle karre en jaag weer verder. Maar dan skielik spring ‘n Poepol met ‘n blou pet op sy kop voor die twee jaende Poepolle in en stop die verkeer.

“Stop!!!” Skree die Poepol met die blou pet op sy kop met sy bene stewig uitmekaar geplant, knieë effens gebuig in ‘n Rambo-style, een hand ferm in die lug,en die ander hand op sy pistool in sy lyfband. Die hele Pretoria kom tot ‘n stilstand met skreuende bande en krete van “POEPOL!!!” vanuit alle oorde. Na ‘n oomblik van oordonderende stilte spring die twee Poepolle uit hulle karretjies en sit hulle bakleiery voort ten volle aanskou van die Poepol met die blou pet. Van oral oor spring ander Poepolle uit hulle karre om beter te kan sien. Te midde van krete van “Moer daai Poepol!” en “Stop daai twee Poepolle!” en  “Kommaan julle Poepolle, ons wil huis toe gaan!”, skree daai Poepol met die blou pet,

“Ek sê stop! Stop of ek skiet!” en hy pluk sy pistool uit sy lyfband. Maar heelaas, sy waarskuwing stop niks en die twee Poepolle voor hom op die grond wurg mekaar terwyl hul vuiste woes rondswaai. So ‘n groot Poepol sê skielik vir die Poepol met die blou pet,

“Is jy nou helemal besimpeld, jou Poepol, kyk nou net watse traffic jam veroorsaak jy!” en hy gee ‘n dreigende tree vorentoe. Die Poepol met die blou pet gee ‘n huiwerende treetjie agteruit.

“Bly waar jy is of ek skiet jou!” Skree hy met ‘n dun stemmetjie en hy steek die hand met die pistool in die lug op. Maar die groot Poepol gee nog ‘n tree vorentoe en die ander Poepolle rondom hom tree ook vorentoe soos een man.

“Met wat?” vra so ‘n lang Poepol agter die Poepol met die blou pet, want hy het sopas die pistool uit die Poepol met die blou pet op sy kop se hand uit gepluk. “Met wat gaan jy ons nou skiet, jou blêrrie Poepol?” vra hy weer terwyl hy die Poepol met die blou pet met sy eie pistool in die ribbes pomp.

“Eina jou Poepol!” Skree die Poepol met die blou pet, “Jy mag nie dit doen nie! Gee terug my gun!” Die ander Poepolle lag soos ‘n koor.

“Hoor bietjie daai Poepol!” sê iemand, “Hy dink oor hy ‘n blou pet en ‘n badge het, hy’s in charge!”

“Har, har, har,” lag die ander Poepolle. Iewers uit die geroesemoes kom ‘n klokhelder Houghton stem op ‘n selfoon:

“Stanley, Stanley, can you hear me? I’m in Pretoria and there is big trouble here. There are a lot of people here and one Poepol has a gun! I think he is going to shoot somebody!” Maar dan word haar stem verdrink in ‘n kakofoniese geraas van skreeuende stemme uit vir bloed:

“Kry daai Poepol!” en “Maak vrek daai Poepol” en “Pass daai Poepol hier!” en “Kom hier Poepol!” en “Hey! Jou Poepol! Jy trap op my voet!” en “Fok jou Poepol!” en “Ek maak jou vrek, jou Poepol!” en “Poepol! Poepol! Poepol! Poepol! Poepol! Poepol! Poepol! Poepol!” En met dit spring die hele klomp Poepolle aan mekaar en baklei soos hondsdol meerkatte dat jy net hare en valstande en handsakke sien waai! Poepolle storm uit hulle huise om te kom kyk wat gaan aan. Sommige Poepolle neem fotos van die ander Poepolle wat baklei en ander Poepolle bel vriende en familie op hul selfone om van die geveg te vertel!

Spoedig is almal in die straat aan die baklei, nog Poepolle kom van heinde en verre om te kom deelneem aan die grootste straatgeveg wat Pretoria nog ooit beleef het! Die Polisie, die Brandweer, die Nuus en selfs die burgermeester daag op! Kort voor lank is daar selfs ‘n klomp Poepolle van die Guiness Book of World Records in ‘n helikopter! Die geveg versprei soos ‘n veldbrand. Voor die vyf uur nuus is die hele Pretoria ‘n bokskryt.

Dan kom die army daaraan en die Generaal skree, “Trek hakkies draad rondom die hele stad, manne! Nie ‘n enkele Poepol kom hier uit nie!” “Sommige van die soldate dink by hulleself, “Fok jou Poepol, en spring in om deel te neem and die grootste straat geveg wat die wêreld nog ooit gesien het. Soos die middag verby sleep rapporteer die wereld se nuus agentskappe oor die fenomenale geveg op radio en TV die hele aardbol oor. Almal weet binne enkele minute van die konsternasie in Pretoria. Almal behalwe die Poepolle in Orania, natuurlik, want een of ander Poepol daar het alweer die dorp se TV aerial omgery en daar’s g’n kaffer  in sig om die ding reg te maak nie.

Tot diep in die nag baklei die Poepolle voort. Weldrae is dit nie net meer ‘n geval van die grootste straatgeveg in die wereld nie, maar ook een van die langste straatgeveg en die Poepolle van die Guiness Book of World Records krap hulle koppe aan die bloei om al die rekords in die regte kategorieë in te pas. Een van hulle wys verbaas na ‘n groot Poepol op ‘n bulldozer wat so ‘n koeël-reguit pad skraap deur die bakleiende Poepolle deur, van Duncan straat tot by Atterbury weg. “Hey ouens, waar plaas ons daai Poepol?”

“Seker ‘Langste Pad Deur Poepolle Met Padskraper Geskraap’!” Skree een van die ander.

“Moenie vir jou stupid hou nie, Poepol! Daai is nie ‘n rekord nie! Dis ‘n blêrrie tragedie!” Dan spring die Poepolle van die Guiness Book of World Records aan mekaar en vir die res van die geveg was daar nie meer rekords opgeskryf nie.

Uiteindelik kom die President van Suid Afrika daar aangerol in sy swart koeël-vaste Humvee limousine met die vlaggies voor op die bonnet. Die limo se sondak skuif oop en uit die gat rys ses koppe met balaclavas op. Elkeen van die balaclava-beklede Poepolle het ‘n tamaaie masjien geweer met bande koeëls oor hulle skouers gegooi en om hulle arms gedraai. Dan rys die President self se kop uit die gat uit op in die middel van die ses balaclava-koppe. Op sy ore het hy ‘n paar Sennheiser oorfone so groot soos halwe boer-pampoene. Die skare word stil. Hulle koppe draai na die swart limo. Hulle sien die balaclava koppe met die masjien gewere. Hulle sien die president met die Sennheiser oorfone. Hulle hoor nie die musiek wat deur sy oorfone deur donder nie want die oorfone is van die noise cancelling soort. Dan kyk hulle hoe die President sy hand in die lug steek en bykans soos ‘n dirigent sy vinger in die lug begin rond swaai...en toe bars die masjiengewere los en jy sien net Poepolle waai. Die balaclava manne skiet en die President dirigeer en daar waar sy vinger wys, daar skiet die masjiengewere. Die bakleiende Poepolle spat uitmekaar uit. Hulle trap mekaar in die teerpad in, hulle skop mekaar in die tande, hulle skree. “Uit my pad uit Poepol!!!!!”

Binne minute is die geveg op ‘n einde en die strate van Pretoria verlate. Net die helikopter van die Guiness Book of World Records Poepolle draai-draai nog so oor die stad. Dan wys die President met sy vinger in die rigting van die helikopter en die masjiengewere skiet hom vol gate dat hy met so ‘n rookstreep deur die lug trek en iewers agter die botaniese tuine in ‘n vuurbol tot lande kom. Dan lig die President sy sonbrille so effens sodat hy onder deur hulle kon loer. Die straat is leeg, die stad is stil. Hy sit sy sonbril weer terug op sy oë, en waai sy hand luierig. Die ses balaclava gesigte verdwyn in die limo in en dan sak die President ook stadig in die gat af tot buite sig.

Daardie aand op CNN Primetime vra Larry King die President, “Mister President, what a heroic thing you did today! How on earth did you manage to disperse that massive and such an aggressive crowd, all on your own?” En die President sê,

“Look Larry, sometimes I can be a Doos, but I am nobody’s Poepol!” En met die slaak die land a sug van verligting want daar het jy dit nou, die President is toe after all nie ‘n Poepol nie!

f t g